Jobs in

Production Manager (Manufacturing) - Citrusdal

Production Manager reporting to General Manager (FMCG / Manufacturing)

Posbeskrywing:

Die ideale kandidaat sal 'n passie hê vir tegniese aspekte, met 'n uitmuntende aanvoeling vir praktiese uitvoering en vloerbestuur asook kwaliteit beheer van produkte.

Verantwoordelikhede:

  • Produk en proses bestuur van produkte
  • Koste bestuur
  • Kwaliteitsbestuur
  • Produktiwiteit/effektiwiteit metings
  • Voorraad/aankope/pakmateriaal
  • Infrastruktuur/kapasiteitsbeplanning
  • Fokus op tegniese aspekte en uitvoering van pakplan, kwaliteitskontroles en vloer bestuur.
  • Hanteer tegniese aspekte van die produksieproses, insluitend die instandhouding, werking, foutopsporing en herstel van masjiene om 'n vlotverloopende produksie te verseker.
  • Implementeer en monitor die pakplan vir effektiewe produksie en verpakking van produkte.
  • Voer gereelde kwaliteitskontroles uit om te verseker dat produkte aan die vereiste standaarde voldoen.
  • Neem die leiding in vloerbestuur, insluitend die aanstuur van personeel om optimale produksie te bereik.
  • Rapporteer gereeld aan die Operasionele Bestuurder oor produksievordering, uitdagings en verbeteringsareas.
  • Voldoening aan Voedselveiligheid, asook Gesondheid en Veiligheid reëls en standaarde (BRC).

Vereistes:

  • Voorafgaande ondervinding in 'n produksie- of tegniese bestuursrol, veral binne 'n verpakkingsomgewing, sal voordelig wees.
  • 'n Begrip van tegniese beginsels en die vermoe om probleme vinnig op te los om die vloei van produksie te handhaaf.
  • Goeie praktiese aanvoeling en 'n vermoë om 'n plan doeltreffend uit te voer.
  • Uitstekende kommunikasie- en leierskapsvaardighede om effektief met personeel te skakel.
  • 'n Diploma of kwalifikasie in Ingenieurswese, Tegniese Bestuur, of 'n verwante veld sal voordelig wees.
Apply Now
Share this job with someone you think should apply!
Facebook buttonFacebook   Whatsapp buttonWhatsapp

Want to do another search?

Jobs in