BVSA Konsult (Edms.) Bpk. is ‘n toonaangewende rekenmeestersfirma in die Suid-Kaap. Ons is op soek na ‘n rekenmeester/rekeningkundige klerk om by ons span in Oudtshoorn aan te sluit vanaf 1 Junie of Julie 2024. – Vaslegging van basiese rekeningkundige rekords van kliënte. – Opstel van finansiële state. – BTW-verwerking vir kliënte op Xero en Sage Accounting. – Hanteer van SAID navrae en indiening van ondersteunende dokumente soos deur SAID verlang. – Indien van inkomstebelasting- en BTW-opgawes. – Uitvoer van basiese rekeningkundige prosedures. – Rekonsiliasie van finansiële inligting van kliënte. – Opstel van maandelikse bestuursstate. – Kennis van Microsoft Word, Excel, Outlook, Xero en Sage Accounting. – Tweetaligheid in beide Afrikaans en Engels sal in die kandidaat se guns tel. – Ten minste 3 jaar relevante ondervinding in die veld. – ‘n Voltooide SAIPA of SAICA klerkskap is noodsaaklik. – Kennis van PowerBI, PowerApps en Microsoft SQL sal voordelig wees. The post Rekenmeester / Rekeningkundige klerk appeared first on freerecruit.co.za .
Apply Now