Doel van die posisie: Om, in oorleg met die Uitvoerende Beampte van SAEF, ‘n omvattende finansiële ondersteuningsdiens tov al die sleutelprestasie areas (SPA's) aan entiteite in die groep te lewer. DEBITEURE Debietorder aanbiedings en monitering mbt wanbetalings Opstel en uitstuur van fakture Instandhouding van doelgeboude debiteure stelsel Maandeinde prosesse en rekonsiliasie van leningsaldo's KREDITEURE Betalings in ooreenstemming met beleide Maandelikse rekonsiliasie van krediteure rekeninge SALARISSE Maandelikse salarisberekeninge, rekonsiliasies en betalings EMP201 opgawes indien en betaal WVF administrasie IRP5 rekonsiliasie, EMP501 voorbereiding en indiening, en verspreiding van sertifikate Indiening en betaling van Vergoedingskommissaris opgawe BTW BTW berekeninge en rekonsiliasies VAT201 opgawes indien en betaal MAANDELIKSE INSTANDHOUDING VAN FINANSIËLE REKORDS Alle rekenkundige funksies tot proefbalans Prosessering en rekonsiliasie van kasboeke Teboekstelling van joernale Monitering van uitgawes en ondersoek afwykings Opdatering van bateregisters BESTUURSTATE Opstel van maandelikse bestuurstate Verslagdoening by besluitnemingstrukture BEGROTINGS Ten volle verantwoordelik vir die opstel van begrotings Voorlegging vir goedkeuring by besluitnemingstrukture STATUTÊRE VEREISTES Verslagdoening aan die Nasionale Kredietreguleerder Bly op hoogte met toepaslike wetgewing van toepassing op finansiële instellings Noodsaaklik : Toepaslike rekeningkundige kwalifikasies Voordelig : FSP lisensie Minimum 7 jaar toepaslike ervaring 'n Mededingende vergoedingspakket in ooreenstemming met beleid Genoegsame verlofvoordele
Apply Now