Ons kliënt, een van die voorste verskaffers wêreldwyd van verpakkingsoplossings vir voedselprodukte, mediese en gesondheidsorgprodukte, sowel as industriële items is op soek na 'n Picker Packer/Drywer.
Vereistes:
- Geldige matriek-sertifikaat
- Bestuurslisensie
- Forklift Bestuurslisensie sal as 'n voordeel dien
- PDP sal as 'n voordeel dien
- 3-5 jaar werk in 'n Warehouse omgewing en betrokke by voorraadopname
- Vlot in afrikaans en Engels
- Betroubare individu
- Vermoë om onderrig te neem maar kan eie inisiatief neem
- Moet in of om die area woon
Pligte:
- Ontvangs, verifikasie, toewysing en verwerking van goedere en voorraaditems.
- Pluk van bestellings
- GRN-verskepings en stel alle betrokke partye in kennis
- Merk en rangskik goedere na aangewese plek in die winkel
- Lewer bestellings aan kliënte
- Volg versendings in-roete en volg versendings op
- Goeie begrip van reisblaaie en beplanning
- Voorraadopname
- Verwerking van kommunikasie-ontvangs van nie-konforme items
- Onderhou afleweringsvoertuie (Maandelikse inspeksies en skoonmaak)
- Detail georiënteerd om foute of enige gebrekkige aspekte op te let
- Uitstekende beplannings- en organiseringsvaardighede
- Vermoë om onder druk te werk om streng spertye te haal
- Vermoë om teen 'n vinnige pas te werk en op veelvuldige take te konsentreer
- Uitstekende kommunikasie- en administratiewe vaardighede
- Uitstekende tydsbestuur en probleemoplossingsvaardigheid
Apply Now