Jobs in

Sunninghill, Johannesburg: ADMINISTRASIE ASSISTENT (Vir Petrol Stasie) - Johannesburg

Sunninghill, Johannesburg: ADMINISTRASIE ASSISTENT (Vir Petrol Stasie)

Minimum Vereistes:

-Netjiese Nie-BEE dame, 35+ jaar oud (Spesifiek blanke of Indiër dame, soos per maatskappy se huidige BEE vereistes)

-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale verpligtend

-Uitstekende kommunikasie vaardigheid in beide Afrikaans en Engels verpligtend

-Matriek / Graad 12

-Minimum 1 jaar onlangse relevante administrasie ondervinding, verkieslik by n Petrol Stasie of soortgelyke werksomgewing

-Finansiële Administrasie ondervinding verkies

-Sterk administrasie vaardigheid belangrik

-Ten volle rekenaargeletterd in MS Word en MS Excel (WinBranch ondervinding verkies)

-Moet bereid wees om retail ure te werk

-Woonagtig naby Sunninghill verpligtend

-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings (CV moet volledige diensrekord en diensdatums aandui)

-Om so gou moontlik diens te aanvaar

Werksure:

Maandae tot Vrydae vanaf 6vm 3nm, met 1 uur etenstyd; en

2 Saterdae per maand vanaf 6vm 10vm

Pligte:

-Volledige Administrasie take vir Petrol Stasie

-Daaglikse kontant rekonsiliasie na WinBranch

-Brandstof rekonsiliasie, balanseer aflewerings vanaf Afleweringsnotas na Outomatiese Voorraad Aanvulling

-Rekonsilieer Tak na Outomatiese Tenk Meter.

-Kleinkasbestuur en rekonsiliasie

-Uitreiking van kassier fondse en vul kleingeld aan wanneer nodig, asook balansering

-Voorbereiding van oorbetalings vir verskaffersbetalings vir boekhouer en verseker dat betalings in ooreenstemming met kredietfasiliteite deur verskaffer aangevra word

-Hantering van voorraad databasis

-Daaglikse kontant verwerking

-Maandelikse voorraad opnames en verwerking

-Voorbereiding van Voorhof, Bakkery, Kassiere en ander algemene personeel rooster

-Rekonsilieer daaglikse personeelbywoning met biometriese stelsel

-Onderhou personeellêers op die perseel en opdatering van HR soos en wanneer nodig

-Instandhouding van algemene Excel-sigblaaie

-Ondersteuning aan Bestuurder en algemene pligte

-Algemene Kantoor pligte insluitend die beantwoording van telefoon, bestel van skryfbehoeftes en skoonmaak materiaal

-Onderhou liassering van verskaffersfakture en ander administrasiedokumentasie

Salaris: R 12 000.00 R 15 000.00 bruto maksimum (afhangende van ondervinding)

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as n skakel / "link" nie) na oneilc(at)telkomsa.net en dui die volgende aan:

- Verwysing CR2569; en

- U basies maandelikse bruto salarisverwagting binne die aangebiede bedrag.

(Stuur ook n onlangse foto en enige verwysingsbriewe van vorige werkgewers, indien moontlik)

AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE MINIMUM VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.

Apply Now
Share this job with someone you think should apply!
Facebook buttonFacebook   Whatsapp buttonWhatsapp

Want to do another search?

Jobs in