Ontvangs : Hantering van telefoonoproepe, smouse, werkers en kliënte. Pakstoor/Vrugteprogram : Werk saam met die pakstoorbestuurder, opstel van etikette, inname van palette, besendings, en noue samewerking met die PPECB-inspekteur. Lone Administrasie : Gebruik van Donkerhoek Data vir die verwerking van weeklikse lone. Inspeksielyste : Handhawing van op datum inspeksielyste vir vrugte-uitvoeroudits soos GlobalG.A.P., SIZA, en Wieta. Arbeidsaangeleenthede : Hantering van UI19, aantekening en aanmelding van werksbeserings, en uitvoering van enige ander administratiewe take soos verlang Matriek. Vorige pakstoorondervinding sal voordelig wees. Rekenaarvaardig, met spesifieke vaardighede in Microsoft Word en Excel. Ervaring met 'n loneprogram, verkieslik Donkerhoek Data. Uitstekende kommunikasievaardighede. Vlot in Afrikaans en Engels. Sterk administratiewe en syfervaardighede. Eie vervoer om by die werk te kom. Bereidheid om soms oortyd te werk.
Apply Now